Boek Bekendstelling Susanna vd Merwe
Sluit aan by Jannie se leeskamer, Murrysburg Saterdag 16 Augustus 2025 om 11h00 vir die bekendstelling van Koerie kies koers, ‘n nuwe jeugverhaal uit die pen van Susanna van der Merwe.
Susanna is ‘n storieverteller met ‘n voorliefde vir verhale waarin kinders of diere ‘n rol speel – “eerlike stories”, soos sy hulle noem. Baie van haar stories het ontstaan uit tyd saam met haar tien kleinkinders, en dit is hoe die karakters Koerie, Spikkel en Spoed ontstaan het.
Globalwise Financial Services wens Susanna geluk met hierdie publikasie.
Share with friends

© 2026