Globalwise Financial Services 18 de Verjaarsdag
Dit is met trots dat ek aankondig dat ons besigheid 1 Augustus 2026 sy 18 de verjaarsdag gevier het. Dis ‘n groot mylpaal wat wys dat die besigheid sterk staan, groot dinge bereik het en nou “volwasse” is.
Hierdie 18 de mylpaal is die hoeksteen waarop ons voort bou om die besigheid verder te groei en nog meer voorspoedig te maak.
Baie dankie aan my getroue personeel. Sonder julle ondersteuning en insette is dit nie moontlik om hierdie uitmuntende diens aan ons kliënte te gee nie.
Baie dankie aan al die finansiële adviseurs vir julle toepaslike advies en tussenganger dienste aan ons kliënte. Julle sorg vir die behoud van ons kliënte asook om ons kliëntebasis te vegroot.
Baie dankie aan elke lojale kliënt vir jou ondersteuning en vertroue gestel in Globalwise Financial Services. Baie van julle is reeds vir 18 jaar by ons en dit is ‘n riem onder die hart.
My onderneming aan elke personeellid, produk verskaffer en kliënt, is om in die volgende 18 jaar Globalwise Financial Services te stuur om by my lewens motto te bly van: “DOEN DIT GOED, OF LOS DIT!”
Christian Moolman
Share with friends
© 2026